{"id":17616,"date":"2022-11-30T10:53:43","date_gmt":"2022-11-30T08:53:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17616"},"modified":"2022-11-30T10:53:43","modified_gmt":"2022-11-30T08:53:43","slug":"minder-padblokkades-hierdie-feestyd-in-mpumalanga","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/minder-padblokkades-hierdie-feestyd-in-mpumalanga\/","title":{"rendered":"Minder padblokkades hierdie feestyd in Mpumalanga"},"content":{"rendered":"

Die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid s\u00ea hy beplan om minder statiese padblokkades tydens die komende feestyd te implementeer, en eerder te fokus op bewegende oortreders wat die meeste tot noodlottige ongelukke bydra.
\nDie direkteur van vervoer, John Nkuna, het gister gepraat tydens by die bekendstelling van die bewusmakingsveldtog oor padveiligheid vir die feestyd op die R573 Moloto-pad in Vezubuhle.
\nDie Moloto-pad is een van die roetes waar van die meeste noodlottige ongelukke tydens die feestyd verlede jaar aangeteken is.
\nVolgens Nkuna het die departement aan die hand van data oor vorige Desembermaande en die Paasnaweek bepaal watter dae, tye, roetes en bestuurdersgedrag problematies is.
\nHy s\u00ea daar sal slegs een statiese padblokkade wees wat gekoppel is aan die Lebombo-grenspos terwyl wetstoepassers \u2018n groter fokus sal plaas op patrollies en spoedoortredings.
\n\u201cWetstoepassers sal met die ander operasies eerder bewegende oortreders teiken,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\t\t