{"id":17327,"date":"2022-11-17T13:31:12","date_gmt":"2022-11-17T11:31:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17327"},"modified":"2022-11-17T13:31:12","modified_gmt":"2022-11-17T11:31:12","slug":"bafana-bafana-is-vanaand-vir-die-eerste-keer-in-ses-jaar-in-aksie-in-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bafana-bafana-is-vanaand-vir-die-eerste-keer-in-ses-jaar-in-aksie-in-mbombela\/","title":{"rendered":"Bafana Bafana is vanaand vir die eerste keer in ses jaar in aksie in Mbombela"},"content":{"rendered":"

Bafana Bafana s\u00ea vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion.
\nDie nasionale sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by di\u00e9 stadion gespeel het.
\nHulle speel Sondagmiddag ‘n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad wanneer hulle om 14:30 teen Angola uitdraf.
\nBafana het mees onlangs verlede maand oorwinnings behaal teen Sierra Leone en Botswana.
\nStadionbestuurder, Roelf Kotze, s\u00ea hulle was in 2016 laas by Mbombela-stadion in aksie te sien.
\nHy het met Andri gesels. Luister weer hier.
\n