{"id":17108,"date":"2022-11-15T15:05:00","date_gmt":"2022-11-15T13:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17108"},"modified":"2022-11-15T15:11:39","modified_gmt":"2022-11-15T13:11:39","slug":"trac-n4-tydren-die-naweek-in-dullstroom","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-n4-tydren-die-naweek-in-dullstroom\/","title":{"rendered":"TRAC N4-tydren hierdie naweek in Dullstroom"},"content":{"rendered":"

Die TRACN4-tydren vind Vrydag en Saterdag weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die derde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind.<\/p>\n

Kommunikasiebestuurder vir TRAC, Solange Soares, s\u00ea dit is \u2018n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun ook die Dullstroom Epilepsie-sentrum.<\/p>\n

\u201cDeel van die voorbereiding vir die tydren sluit in herstelwerk aan die sentrum, wat sedert 2020 die hoof bevoordeelde is.<\/p>\n

\u201cOor die afgelope twee jaar het TRAC saam met plaaslike kleinsakeondernemings dele van die fasiliteit opgeknap, insluitende die hoofingang, die toeskouersareas by die sportgronde, die lapa en die dak van die woonafdeling.<\/p>\n

\u201cVanjaar sal ons die saal na \u2018n venue opgradeer wat hulle in staat sal stel om addisionele inkomste te genereer,\u201d s\u00ea Soares.<\/p>\n

Die sentrumbestuurder, Rebecca Mashigo, s\u00ea TRAC se hulp van is van onskatbare waarde vir die sentrum sowel as die dorp.<\/p>\n

‘n Totaal van 28 spanne neem aan die wedren van 13 spesiale bene oor 204 km oor die twee dae deel.<\/p>\n