{"id":16132,"date":"2022-09-16T12:53:03","date_gmt":"2022-09-16T10:53:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16132"},"modified":"2022-09-16T12:58:21","modified_gmt":"2022-09-16T10:58:21","slug":"oud-nellie-ksa-se-dowe-krieketspeler-van-die-jaar","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/oud-nellie-ksa-se-dowe-krieketspeler-van-die-jaar\/","title":{"rendered":"Oud-Nellie KSA se Dowe Krieketspeler van die Jaar"},"content":{"rendered":"

Arthur McGee, ‘n oud-leering van Laerskool Bergland en Ho\u00ebrskool Nelspruit, is aangewys as Krieket Suid-Afrika se Dowe Krieketspeler van die Jaar vir 2022.
\nHy is nie net die jongste speler in die Titans Dowekrieketspan nie, maar is ook ingesluit in die SA Dowekrieketspan wat vanaf 1 Oktober in Dubai aan die Internasionale Dowekrieketraad (DICC) se T20-kampioenetrofee gaan deelneem.
\n\"\"
\nSy ma Hannelie s\u00ea die krieketgogga het gebyt na die legendariese speler, Fanie de Villiers, hom gehelp het om kogli\u00eare inplantings te kry.
\n