{"id":14923,"date":"2022-08-02T12:29:53","date_gmt":"2022-08-02T10:29:53","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14923"},"modified":"2022-08-02T15:22:42","modified_gmt":"2022-08-02T13:22:42","slug":"14923-2","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/14923-2\/","title":{"rendered":"Malcolm Marx om te begin in 50ste toets mylpaal in Mbombela"},"content":{"rendered":"

Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan wat teen Wallis uitgedraf het in hul laaste toets om Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela te begin.
\nMalcolm Marx sal sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker.
\nFaf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden Hendrikse roteer.
\nCheslin Kolbe se gebreekte kakebeen is die enigste verandering weens \u2018n besering. Kurt-Lee Arendse sal in sy plek op regtervleuel begin.
\nMbonambi en Hendrikse is op die plaasvervangersbank, waar Salmaan Moerat (slot) in Elrigh Louw (losvoorspeler) se plek ingesluit is.
\n\u201cOns voel dit is \u2018n groot geleentheid vir Malcolm om sy 50ste toets te speel, en Faf se ervaring en speelstyl sal ons teen die All Blacks bevoordeel,\u201d s\u00ea Nienaber.
\n\u201cMet Salmaan op slot kan ons vir Franco Mostert op slot of flank inspan en ons het vir Kwagga Smith wat in die lostrio kan speel, selfs op vleuel indien nodig.\u201d
\n\u201cOns voel hierdie is die regte span vir die spesifieke uitdaging teen Nieu-Seeland.\u201d
\nNienaber voeg by hoe trots die span op Marx se mylpaal is.
\n\u201cHy is \u2018n ware vegter en hy versinnebeeld waarvoor ons as die Springbokke staan. Ons is gereed vir \u2018n uitdagende toets wat die toon sal aangee vir ons Castle Lager Rugbykampioenskap vanjaar. Dit is ons fokus.\u201d
\nHy s\u00ea hulle verwag \u2018n groot aanslag van die besoekers by Mbombela Saterdag en in Johannesburg volgende naweek.
\n\u201cHierdie twee spanne het \u2018n unieke wedywering en ons bring altyd die beste in mekaar uit.”
\nLuister weer hier:
\n