{"id":14759,"date":"2022-08-01T12:46:00","date_gmt":"2022-08-01T10:46:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14759"},"modified":"2022-08-01T12:46:46","modified_gmt":"2022-08-01T10:46:46","slug":"72-jarige-vrou-vasgetrek-met-vermoorde-verkeersbeampte-se-voertuig","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/72-jarige-vrou-vasgetrek-met-vermoorde-verkeersbeampte-se-voertuig\/","title":{"rendered":"Opdatering: Kaper gesoek na verkeersbeampte se skietdood"},"content":{"rendered":"

Die Valke is op soek na \u2018n man wat hulle glo hulle kan help in hul ondersoek na die kaping en moord van \u2018n verkeersbeampte in Bosbokrand verlede Vrydagaand.\u00a0Volgens Valkewoordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, was Victor Thabo Mashego (35) besig om te bestuur toe daar op sy VW Polo losgebrand is.<\/p>\n

Sy twee passasiers kon ongedeerd uit die voertuig ontsnap. Die aanvallers het hom uit die voertuig gehaal en weggejaag.\u00a0\u2018n Ma en haar drie volwasse seuns het reeds in die hof verskyn op klagte van die besit van die geroofde motor, nadat die voertuig geparkeer by haar Hop-huis in Bosbokrand gevind is.<\/p>\n

Ykelina Ubisi (66) is borgtog van R500 toegestaan. Haar seuns, Remember Ngovene (35), Jabulane Ngovene (46) en Venus Advice Ngovene (35) bly in aanhouding. Hulle verskyn weer Woensdag, 3 Augustus, in die Calcutta-landdroshof.<\/p>\n