{"id":14451,"date":"2022-07-08T15:22:30","date_gmt":"2022-07-08T13:22:30","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14451"},"modified":"2022-07-08T15:53:34","modified_gmt":"2022-07-08T13:53:34","slug":"reeksmoordenaar-aangekla-van-nog-n-moord-op-n-bejaarde-vrou","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/reeksmoordenaar-aangekla-van-nog-n-moord-op-n-bejaarde-vrou\/","title":{"rendered":"Reeksmoordenaar aangekla van nog ‘n moord op ‘n bejaarde vrou"},"content":{"rendered":"
Die reeksmoordenaar John du Plooy (32) het gister in die hof in Roodepoort verskyn op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede vir die moord, in Augustus 2018, op Lillas Merry (77).
\nDu Plooy dien reeds saam met Shaun Oosthuizen (42) twee lewenslange vonnisse uit vir soortgelyke moorde op Engela van Wyk (86) in Springs en Barbara Fenton (74) in Alberton in Junie en September 2018.
\nOosthuizen dien tans \u2018n totaal van vier lewenslange vonnisse uit met \u2018n addisionele 80 jaar vir die moorde op Van Wyk en Fenton, sowel as die van Hetta Potgieter (85) in Mbombela in Julie 2018.
\nOosthuizen is reeds lewenslank opgel\u00ea vir die moord op Merry sowel as Emma Gossen (95) in Sunnyside, Pretoria in Desember 2015.
\nVolgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy vir beide bekentenisse afgel\u00ea.
\n
\nDu Plooy is aanvanklik saam met Oosthuizen aangekla van die moord op Potgieter, maar later vrygespreek. Hy dien sy vonnisse in die Johannesburg-gevangenis.
\nHy verskyn weer op 22 Julie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":14452,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[2839,2838,2835,2837,2836,2005,1940,318],"yoast_head":"\n