{"id":13312,"date":"2022-04-12T12:57:54","date_gmt":"2022-04-12T10:57:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13312"},"modified":"2022-04-12T12:57:54","modified_gmt":"2022-04-12T10:57:54","slug":"witrivier-man-gevonnis-oor-onwettige-wapenbesit","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/witrivier-man-gevonnis-oor-onwettige-wapenbesit\/","title":{"rendered":"Witrivier-man gevonnis oor onwettige wapenbesit"},"content":{"rendered":"

Warren Macaulay (39) is Vrydag gevonnis tot 10 jaar tronkstraf of \u2018n boete van R10 000 vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van \u2018n vuurwapen en bedrog.
\nVolgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die Nelspruit-hof.
\nMacaulay is in Januarie verlede jaar in Witrivier aangekeer.
\n\u201cHy was in besit van \u2018n LM5-geweer wat behoort het aan Victor Wilkens. Macaulay wou dit by hom koop, maar hulle het nie die prosedure gevolg in terme van die Wet op die Beheer van Vuurwapens nie.
\n\u201cOp die dag van sy arrestasie was Macaulay op pad om die vuurwapen te verkoop vir geld om \u2018n kar mee te herstel.\u201d
\n\u2018n Saak van die onwettige besit van \u2018n vuurwapen is geopen.
\n\u201cWilkens is aangekla vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Hy is skuldig bevind en in 2021 \u2018n boete van R10 000 opgel\u00ea,\u201d s\u00ea Sekgotodi.
\n