{"id":13308,"date":"2022-04-11T13:49:11","date_gmt":"2022-04-11T11:49:11","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13308"},"modified":"2022-04-11T13:49:11","modified_gmt":"2022-04-11T11:49:11","slug":"trac-waarsku-oor-paasnaweek-verkeer-lisensiekantore-langer-oop","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-waarsku-oor-paasnaweek-verkeer-lisensiekantore-langer-oop\/","title":{"rendered":"TRAC waarsku oor Paasnaweek verkeer, lisensiekantore langer oop"},"content":{"rendered":"

Elf lisensiekantore in Mpumalanga sal hierdie week vir langer ure oop wees, om motoriste die geleentheid te gee om hul lisensies te hernu.
\nDie spertyd vir enige hernuwings van lisensies wat tydens die grendeltydperk verval het, is Vrydag 15 April.
\nLisensiekantore in Komatipoort, Malalane, Mbombela, Witrivier, Sabie, Lydenburg, Elukwatini, Secunda, Standerton, Delmas en KwaMhlanga sal Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 18:00 oop wees, en Saterdae van 08:00 tot 14:00.
\nOp die vooraand van Paasnaweek het TRAC N4 aangedui hulle is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks oor Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem.
\nTRAC kommunikasiebestuurder, Solange Soares, s\u00ea dit is die besigste tyd van die jaar op di\u00e9 roete.
\nNa verwagting sal verkeer Donderdag tussen 12:00 en 10:00, Vrydag van 09:00 tot 15:00 en weer volgende Maandag vanaf 09:00 tot 19:00 die hoogste wees.
\nHul padveiligheidsveldtog sluit in dat \u201cTRACAssist\u201d-eenhede saam met nooddienste op strategiese punte op die roete gestasioneer sal wees om vinniger te kan reageer op enige noodgevalle.
\n