{"id":12732,"date":"2022-01-12T11:57:54","date_gmt":"2022-01-12T09:57:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12732"},"modified":"2022-01-12T11:57:54","modified_gmt":"2022-01-12T09:57:54","slug":"drie-moordenaars-swaar-gestraf","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/drie-moordenaars-swaar-gestraf\/","title":{"rendered":"Drie moordenaars swaar gestraf"},"content":{"rendered":"

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir \u2018n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het.
\nVusi Sihlabela (41), Karabo Makhubedu (31) en Norman Mokoena (25) het \u2018n man van sy beursie beroof in \u2018n drinkplek in Marite naby Hazyview.
\nToe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, het hulle hom in sy huis dood gaan skiet. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is sy nefie ook gewond.
\n