{"id":12720,"date":"2022-01-10T12:12:13","date_gmt":"2022-01-10T10:12:13","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12720"},"modified":"2022-01-10T12:12:13","modified_gmt":"2022-01-10T10:12:13","slug":"jongste-leeu-besigtiging-in-marloth-was-fopnuus","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/jongste-leeu-besigtiging-in-marloth-was-fopnuus\/","title":{"rendered":"Jongste leeu besigtiging in Marloth was fopnuus"},"content":{"rendered":"
Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) s\u00ea die besigtiging van twee leeumannetjies in Marloth Park die naweek, vals was. *Foto: Argief<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":" Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) s\u00ea die besigtiging van twee leeumannetjies in Marloth Park die naweek, vals was. Gerrie Camacho van die MTPA s\u00ea iemand het \u2018n goeie opname, wat baie realisties geklink het, gemaak van twee leeus wat kwansuis in die area brul en dit gebruik om inwoners op hol te jaag. \u201cDit […]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":6383,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[472,2362,415,2360,295],"yoast_head":"\n
\nGerrie Camacho van die MTPA s\u00ea iemand het \u2018n goeie opname, wat baie realisties geklink het, gemaak van twee leeus wat kwansuis in die area brul en dit gebruik om inwoners op hol te jaag.
\n\u201cDit het regtig geklink asof dit waar is, maar wanneer leeus so brul is hulle honger en besig om te jag en brul hulle nie net een keer nie. Die ander wild in die area was ook rustig, wat daarop dui dat daar nie leeus besig was om te jag nie,\u201d s\u00ea hy.
\nHulle vermoed dat van die leeus wat in Desember in Marloth Park opgemerk is, moontlik teruggekeer het na die Krugerwildtuin toe die rivier se vlakke gedaal het.
\nLees meer hier:<\/strong> Wat om te doen as jy ‘n leeu raakloop<\/a>
\n\u201cEk bespiegel, maar ons dink die wyfie en mannetjie kon teruggaan oor die water. Die mannetjie is groot en sou deur kon swem selfs al is die rivier vol, maar nie in vloed nie.\u201d
\nDie jonger drie leeus is sedertien net een keer weer gesien, en sou nie kon deur nie, maar is moontlik op private grond in die area, of in die rivierbed. Daar sal baie kos vir hul wees wat ook aan die suidekant vasgekeer is deur die rivier.
\n“Anders kruip hulle baie goed weg,” s\u00ea Camacho.<\/p>\n