{"id":12485,"date":"2021-11-24T10:02:38","date_gmt":"2021-11-24T08:02:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12485"},"modified":"2021-11-25T10:07:18","modified_gmt":"2021-11-25T08:07:18","slug":"sibongile-makhushe-ingesweer-as-mbombela-se-nuwe-burgemeester","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sibongile-makhushe-ingesweer-as-mbombela-se-nuwe-burgemeester\/","title":{"rendered":"Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester"},"content":{"rendered":"

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies.
\nWilliam Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte.
\nDie nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer.
\n\"\"
\nDie ANC het tydens die plaaslike verkiesing \u2018n meerderheid van 65% van die stemme gekry om 59 setels te wen. Hulle word gevolg deur die EFF met 14 setels, die DA met 12 en die VF Plus met drie. Die ACDP en ATM het elk een kandidaat wat op die stadsraad dien.
\nNkatha het die nuwe raad geloof dat die verkiesing vlot verloop het, en dat daar nie \u2018n bakleiery uitgebreek het – soos in sommige ander rade in die land gebeur het nie.
\n\u201cOns moet saamwerk. Ons is nie vyande nie. Ons moet nou die samelewing dien.
\n\u201cMense is moeg vir retoriek en revolusion\u00eare liedjies. Hulle wil nou dienste h\u00ea.\u201d
\nHy het ook tydens die sitting ges\u00ea dat geen korrupsie vir die volgende vyf jaar geduld sal word nie.
\n