{"id":12429,"date":"2021-11-16T11:25:14","date_gmt":"2021-11-16T09:25:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12429"},"modified":"2021-11-16T11:25:14","modified_gmt":"2021-11-16T09:25:14","slug":"waterveiligheid-die-somer-wat-ouers-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/waterveiligheid-die-somer-wat-ouers-moet-weet\/","title":{"rendered":"Waterveiligheid die somer: Wat ouers moet weet"},"content":{"rendered":"

Om te kan swem is ‘n noodsaaklike lewensvaardigheid, en selfs meer so in Suid-Afrika (en die Laeveld) waar die teenwoordigheid van swembaddens en damme ‘n leefstyl is. Hoe hou jy klein kindertjies veilig?
\nLauren Roberts van Swim Dynamics s\u00ea veral kleintjies tussen twee en vyf jaar oud is baie kwesbaar vir verdrinking.
\nWat party mense doen is om hulle onder die water in te forseer sodat hulle op hul eie moet uitwerk hoe nou. Sy staan ‘n sagter metode voor om te leer swem op \u2018n pret manier met speletjies en liedjies en ouers wat betrokke is.
\n“Dit gee hulle die opsies van wat om in water te doen. Ek het al met soveel kinders gewerk wat vreesbevange is vir water, en dit is nie ‘n goeie langtermyn-oplossing nie.
\nRoberts se doel is om gesonde respek vir water by kinders te kweek, sodat hulle dit verstaan \u00e9n kan geniet.
\nBaba’s so jonk as ses maande kan begin. Hulle kan gewoonlik dan reeds hul koppe beheer, die geraas en stimulasie van ‘n swembad hanteer en hul immuniteitstelsels is genoegsaam ontwikkel.
\nSoos hulle ouer word leer hulle om meer onafhanklik te wees: op hul rug te dryf, om in vlak water op te staan, aan die kant vas te hou en te beweeg na ‘n plek waar hulle kan staan of uitklim.
\nVan dit is om tyd te koop vir ‘n volwassene om te kan reageer en te help, maar kinders moet ook leer om hulself te kan help, wat die beter opsie is.
\nWatervlerkies help baie om hulle meer onafhanklike beweging toe te laat sodat hulle leer om hul lyfies in die water te bestuur.
\n“Dit moet onder ouertoesig wees. Niks kan die verantwoordelike o\u00eb wat die kinders in die water dophou vervang nie. Ongelukke gebeur vinnig.”
\nSelfs grootmense moenie alleen swem nie – h\u00ea altyd iemand wat saam met jou swem of vir jou kyk.
\n“Verdrinking gebeur wanneer mense \u2018n ander se vermo\u00eb om \u2018n situasie se hanteer oorskat.”
\nLuister weer hier na die volledige gesprek:
\n