{"id":12236,"date":"2021-10-18T12:21:37","date_gmt":"2021-10-18T10:21:37","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12236"},"modified":"2021-10-18T12:21:37","modified_gmt":"2021-10-18T10:21:37","slug":"mannejag-geloods-na-dubbele-moord-in-barberton","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mannejag-geloods-na-dubbele-moord-in-barberton\/","title":{"rendered":"Mannejag geloods na dubbele moord in Barberton"},"content":{"rendered":"

‘n Mannejag is geloods na die verdagtes wat Saterdagaand twee mans in Barberton doodgeskiet het.
\nVolgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli was die een slagoffer ‘n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was.
\nSpeurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde.
\nDie ander slagoffer is as Jaftha Mnisi ge\u00efdentifiseer. Hulle is met verskeie skietwonde dood langs ‘n drankwinkel gevind.
\n