{"id":12205,"date":"2021-10-12T05:50:31","date_gmt":"2021-10-12T03:50:31","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12205"},"modified":"2021-10-12T05:50:31","modified_gmt":"2021-10-12T03:50:31","slug":"mpumalanga-lur-gearresteer-vir-moord-en-poging-tot-moord","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-lur-gearresteer-vir-moord-en-poging-tot-moord\/","title":{"rendered":"Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord"},"content":{"rendered":"

Mandla Msibi (45), die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en grondsake in Mpumalanga, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van dubbele moord en poging tot moord.
\nHy het homself die oggend aan die polisie oorhanding. Hy is deur sy regsverteenwoordiger vergesel.
\nVolgens die nasionale polisiewoordvoerder, brig. Vishnu Naidoo, was Msibi betrokke by \u2018n skietery in Mbombela op 22 Augustus waar twee mans doodgeskiet is, en een gewond is.
\nDaar is destyds berig hoe die slagoffers die aand met skietwonde in die straat aangetref is in die sakekern. Sindela Sipho Lubisi en Dingane Ngwenya is op die toneel dood verklaar, terwyl Sfiso Mpila gewond is en hospitaal toe geneem is.
\nVolgens die polisie is daar \u2018n paar ure voor hul dood ook op die mans se voertuig geskiet. Hulle is toe nie gewond nie, en het die saak by die Nelspruit-polisie aangee.
\n