{"id":12177,"date":"2021-10-06T14:58:46","date_gmt":"2021-10-06T12:58:46","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12177"},"modified":"2021-10-06T14:58:46","modified_gmt":"2021-10-06T12:58:46","slug":"nog-10-000-geent-tydens-vooma-naweek-in-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nog-10-000-geent-tydens-vooma-naweek-in-laeveld\/","title":{"rendered":"Nog 10 000 ge\u00ebnt tydens Vooma-naweek in Laeveld"},"content":{"rendered":"

Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent.
\nDie inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak.
\nVolgens \u2018n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die meeste inentings (10 022) in Ehlanzeni-distrik toegedien, gevolg deur Nkangala (5 081) en Gert Sibande (4 192).
\nDaar is die afgelope 24 uur 52 nuwe gevalle van die virus in die provinsie aangemeld en geen sterftes nie.
\nMediclinic Nelspruit se bestuurder, Carmen Savva, s\u00ea hulle het dit ondersteun omdat mense wat inge\u00ebnt is beduidend minder ernstig siek raak van die virus as hulle dit opdoen.
\nDie Oos-Kaap het tans die land se grootste persentasie volledig-inge\u00ebnte volwassenes met 28,17%, gevolg deur Limpopo (28,02%) en die Wes-Kaap (27,9%).
\nDie meeste gevalle kom in KwaZulu-Natal voor met 25%. Die dodetal sedert die begin van die pandemie weens die virus staan op 87 922. Die land se herstelkoers is tans 95,7%.
\nIntussen ondersoek die Menseregtekommissie (MRK) bewerings van tekorte aan medikasie by sommige klinieke en hospitale in Mpumalanga.
\nVolgens die DA se Jane Sithole, wat die MRK in di\u00e9 verband genader het, kan pasi\u00ebnte soms nie eens antibiotika of Panado by Kanyamazane-kliniek en Themba-hospitaal kry nie.
\nSy s\u00ea verder die Openbare Beskermer se onlangse bevinding dat \u2018n tekort aan instandhoudingswerk dienste by Themba ernstig belemmer, die party se jarelange klagte oor die swak toestand van gesondheidsdienste regverdig.
\n