{"id":12076,"date":"2021-09-22T13:12:37","date_gmt":"2021-09-22T11:12:37","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12076"},"modified":"2021-09-22T13:12:37","modified_gmt":"2021-09-22T11:12:37","slug":"nellie-atleet-laat-nasionale-rekords-spat","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nellie-atleet-laat-nasionale-rekords-spat\/","title":{"rendered":"Nellie-atleet laat nasionale rekords spat"},"content":{"rendered":"

Juan\u00e9 le Roux, \u2018n gr. 8 para-atleet van Ho\u00ebrskool Nelspruit, het Saterdag tydens \u2018n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o\/14 opgestel.
\nIn hierdie klassifikasie het atlete \u2018n enkele amputasie bo of onder die elmboog.
\nJuan\u00e9 het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp verbeter sy die nasionale rekord van 8,4 m na 36,5 m en in spiesgooi is die nuwe beste afstand in die land in di\u00e9 kategorie nou 22 m \u2013 op van 7,9 m.
\nHaar afrigter, DP Badenhorst, s\u00ea sy het baie natuurlike gooi-vermo\u00eb en hy hoop nie die nuwe rekords staan te lank nie, omdat hulle beoog dat Juan\u00e9 dit self weer verbeter.
\nSy s\u00ea sy was baie opgewonde om hulle op te stel. Sy het saam met Badenhorst met Robin gesels oor haar toekomsdrome. Luister hier.
\n