{"id":11612,"date":"2021-08-06T10:01:26","date_gmt":"2021-08-06T08:01:26","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11612"},"modified":"2021-08-06T10:01:28","modified_gmt":"2021-08-06T08:01:28","slug":"vlammie-jeugmentors-steek-helpende-hand-uit-na-medeskoliere","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vlammie-jeugmentors-steek-helpende-hand-uit-na-medeskoliere\/","title":{"rendered":"Vlammie Jeugmentors steek helpende hand uit na medeskoliere"},"content":{"rendered":"

Ho\u00ebrskool Bergvlam het onlangs hul Jeugmentors vir 2021\/22 aangewys. Di\u00e9 groep tieners bied hul helpende hande, simpatieke ore en omgeeharte al sedert 2013 aan hul mede-Vlammies bied weens \u2018n behoefte onder leerlinge vir ekstra hulp.
\nDie program is gebore omdat leerders nie altyd gemaklik is om met onderwysers te praat oor bv. huislike probleme nie, maar eerder met hul vriende – wat nie altyd die kennis het om leiding te gee nie.
\nJuf. An\u00e9 Bekker, wat die Jeugmentors bestuur, het saam met Naledi Ramushu en Malise de Villiers vir Gerhardt meer daaroor vertel.
\nDie keuring- en opleidingsproses is streng vir di\u00e9 25 leerlinge. Niemand is perfek nie, maar jy moet darem \u2018n voorbeeld vir ander kan stel en die persoon wat iets aan jou toevertrou moet kan sien jou prioriteite is reg, verduidelik Bekker. Sy voeg by dat kuberafknouery al hoe meer kop uitsteek onder kinders.
\nLuister weer hier na die gesprek.
\n