{"id":11111,"date":"2021-05-21T13:10:38","date_gmt":"2021-05-21T11:10:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11111"},"modified":"2021-05-21T13:10:38","modified_gmt":"2021-05-21T11:10:38","slug":"baba-ayden-na-twee-weke-steeds-in-koma","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/baba-ayden-na-twee-weke-steeds-in-koma\/","title":{"rendered":"Baba Ayden na twee weke steeds in koma"},"content":{"rendered":"

Die ses maande oue Ayden van Niekerk is na twee weke steeds in \u2018n mediese koma in die hospitaal.
\nHy het op 6 Mei verstik en is per helikopter van Lydenburg na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg gevlieg, waar hy sedertien in die intensiewesorgeenheid behandeling ontvang.
\nAanvanklik was die gesin in die donker oor hoekom Ayden net ophou asem haal het. Die dokters kon intussen bevestig dat hy die dag wel verstik het en dat dit nie \u2018n mediese aanval van enige soort was nie.
\nDaar word vermoed dat \u2018n stukkie biltong op \u2018n manier in sy keel beland het, en sy lugpyp geblok het.
\n\"\"
\nVolgens Ayden se ma, Estelle van Niekerk, is sy sedasie gister verder halveer, en hoewel hulle gehoop het om hom vandag heeltemal daarvan af te h\u00ea, moes hulle hom vandag weer onder verdowing plaas omdat hy sukkel om asem te haal.
\nDie hoop was dat hulle hom dan uit die mediese koma kon begin haal en van die masjiene begin ontkoppel.
\nSy voeg by dat hulle hom Woensdag vir die eerste keer in twee weke sien beweeg het \u2013 sy mondjie, handjies en voetjies het beweeg.
\n