{"id":10494,"date":"2021-03-18T17:25:46","date_gmt":"2021-03-18T15:25:46","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10494"},"modified":"2021-03-18T17:25:46","modified_gmt":"2021-03-18T15:25:46","slug":"pumas-pronk-in-nuwe-klere-vir-2021","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-pronk-in-nuwe-klere-vir-2021\/","title":{"rendered":"Pumas pronk in nuwe klere vir 2021"},"content":{"rendered":"

Die New Nation Pumas se uitrustings vir die 2021-rugbyseisoen is vanmiddag by Mbombela-stadion bekendgestel.
\nNew Nation Construction (NNC) sal die span se titelborg wees vir die volgende twee jaar.
\nVolgens die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Marius van Rensburg, is die klere van Volcano vanjaar meer modern: Die borge se kentekens is in die materiaal ingeweef en die snitte pas nouer.
\nSoos in die verlede is die tuistrui oorwegend pienk en die wegtrui grys. Volcano is reeds die afgelope drie jaar die span se klereborg.
\n\u201cOns is baie dankbaar dat hulle \u2018n bietjie uit die boks uit gedink het om dit meer modern te maak vir ons. Hulle is ook \u2018n jong maatskappy wat nog groei, soos die Pumas, so daar is baie sinergie tussen die twee.\u201d
\nVan Rensburg voeg by dat dit vir hulle baie beteken dat die titelborg uit die Laeveld kom.
\n