{"id":10489,"date":"2021-03-18T13:11:02","date_gmt":"2021-03-18T11:11:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10489"},"modified":"2021-03-18T13:11:02","modified_gmt":"2021-03-18T11:11:02","slug":"nhs-verkies-nuwe-beheerliggaam","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nhs-verkies-nuwe-beheerliggaam\/","title":{"rendered":"NHS verkies nuwe beheerliggaam"},"content":{"rendered":"

Ho\u00ebrskool Nelspruit (NHS) het die week hul nuwe skoolbeheerliggaam verkies.
\nVolgens die organiseerder, Gerda Dreyer, het dit vlot verloop. \u2019n Totaal van 360 ouers het hul kruisies getrek om die lede te verkies wat tot 2023 in hul amp sal dien.
\nLouis van der Nest is weer as die voorsitter aangewys. Die ander lede is R\u00e9nald Radley, Hannelie Pieterse, adv. Maritza Uys, Louise Snyman, Nonnie Grimbeek, Marius Nel, Daan de Kock en adv. Patrick Loots.
\nDie meeste plaaslike skole moet nog hul verkiesings hou. Dit duur landwyd tot die einde van die maand.
\nVan der Nest het ook op sy kinders se laerskool se beheerliggame gedien. Hy s\u00ea al die lede doen dit vir die liefde van kinders.
\n\u201cEk het gesien wat dit beteken vir alle kinders. Die beheerliggame waarop ek was se einddoel was nog elke keer, \u2018Wat is die beste vir die kind?\u2019
\n\u201cAs die kinders en onderwysers gelukkig is, gaan die skool die gemeenskap uitstekend dien. \u2019n Gemeenskap kry die skool wat hy verdien. Ek sien dit met die ouers se meelewing, al is dit nie elke dag maklik nie.\u201d
\nNHS, die enigste enkelmedium Afrikaanse skool in Mpumalanga, word deur universiteite beskou as \u2019n voorkeur-skool van waar om kinders te werf \u2013 wat baie deure oopmaak vir die leerders.
\nVan der Nest s\u00ea hulle was tydens inperking gelukkig dat hulle teen die einde van 2019 daarin geslaag het om WiFi-opvangs regoor die skool te installeer met die oogmerk om e-leer te begin inbring.
\n\u201cOns moes skielik oornag aanlyn begin leer, maar kon die dag na die skool heropen het, dit doen.
\n\u201cDie onderwysers het ongelooflik ingespring, so ons het letterlik nie een skooldag gemis weens inperking nie,\u201d s\u00ea Van der Nest.
\nDit was \u2019n groot leerkurwe rondom rekenaarvaardigheid.
\nVan der Nest glo die nuwe manier van skoolgaan is op die lang duur goed vir die kinders.
\n