{"id":10472,"date":"2021-03-17T13:32:48","date_gmt":"2021-03-17T11:32:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10472"},"modified":"2021-03-17T13:32:48","modified_gmt":"2021-03-17T11:32:48","slug":"maatskappy-dok-meer-as-r300-000-op-oor-pensioengeld","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/maatskappy-dok-meer-as-r300-000-op-oor-pensioengeld\/","title":{"rendered":"Maatskappy dok meer as R300 000 op oor pensioengeld"},"content":{"rendered":"

Gerhard Kolesky en Jacob Zongezile Bholosha is Maandag in Middelburg vrygespreek op 125 klagte van die oortreding van die Pensioenfonds-wet.
\nDie maatskappy waarin hulle onderskeidelik \u2018n eienaar en direkteur is, GK Steel Profiling, is egter met R12 500 beboet.
\nVolgens die Valke het die maatskappy tussen Desember 2006 en Februarie 2010 nie werknemers se bydraes aan die metaalbedryf-fonds oorbetaal nie, al het hulle dit afgetrek. Woordvoerder, kapt. dineo Sekgotodi, s\u00ea di\u00e9 bedrag beloop R198 317.
\nIn \u2018n siviele saak moes GK Steel in September R297 897 met rente betaal.
\n