{"id":10340,"date":"2021-02-25T17:57:38","date_gmt":"2021-02-25T15:57:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10340"},"modified":"2021-02-25T17:57:38","modified_gmt":"2021-02-25T15:57:38","slug":"da-skepties-oor-mbombela-se-plan-met-krediteure","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-skepties-oor-mbombela-se-plan-met-krediteure\/","title":{"rendered":"DA skepties oor Mbombela se plan met krediteure"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mbombela-munisipaliteit s\u00ea hulle het \u2018n plan ontwikkel om hul krediteure te betaal.
\nOnbetaalde krediteure bly baie hoog en staan nou op R1,2 miljard. Terselfdetyd word die munisipaliteit sowat R800 miljoen geskuld.
\nDie plan met krediteure is egter nie vanoggend tydens die verstelling aan die begroting vir die finansi\u00eble jaar, wat einde Junie ten einde loop, aan die stadsraad voorgel\u00ea nie.
\nDie DA se hoofsweep in die raad, Sanley van der Merwe, s\u00ea hulle het ingestem om dit aan haar te verskaf. Die plan sluit glo verbintenisse en datums in van wanneer betaling aan verskillende krediteure gemaak sal word.
\nVan der Merwe voeg by dat \u2018n een-bladsy plan al in 2019 voorgel\u00ea is. Haar groot bekommernis is die honderde klein ondernemings aan wie geld verskuldig is.
\n\u201cDie plan wat hulle vir my gaan gee, gaan tien teen een fokus op die top 10, soos Eskom en die departement van water en sanitasie. Vir die ander gaan hulle s\u00ea hulle het finansi\u00eble uitdagings,\u201d s\u00ea sy.
\n\ufeff<\/span>