{"id":10313,"date":"2021-02-24T11:41:17","date_gmt":"2021-02-24T09:41:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10313"},"modified":"2021-02-24T11:41:17","modified_gmt":"2021-02-24T09:41:17","slug":"barberton-se-waterprobleme-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/barberton-se-waterprobleme-duur-voort\/","title":{"rendered":"Barberton se waterprobleme duur voort"},"content":{"rendered":"

Barberton ervaar steeds wateronderbrekings, al is die Lomati-dam amper 69% vol.
\nDie beurtwater wat inwoners al sedert Augustus ervaar, is weens die goeie herstel van die damvlak nou iets van die verlede.
\nTog is die Queen\u2019s-rivier, juis weens die onlangse goeie re\u00ebn, tans te modderig om water daaruit te onttrek om te kan suiwer.
\nDie gevolg is dat genoeg water nie gesuiwer kan word om die hele dorp te voorsien nie, al werk die dam se suiweringsaanleg teen vol kapasiteit, verduidelik DA-raadslid Philip Minnaar.
\nDie Lomati-dam se vlak het in Januarie, voor tropiese storm Eloise, nog by 14% gedraai. Dit was gister 68,5%.
\n