{"id":10153,"date":"2021-01-28T18:04:04","date_gmt":"2021-01-28T16:04:04","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10153"},"modified":"2021-01-28T18:04:04","modified_gmt":"2021-01-28T16:04:04","slug":"mopani-bergfietsuitdaging-in-barberton-vanjaar-eers-in-mei","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mopani-bergfietsuitdaging-in-barberton-vanjaar-eers-in-mei\/","title":{"rendered":"Mopani-bergfietsuitdaging in Barberton vanjaar eers in Mei"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Vanjaar se Mopani XCM-bergfietsuitdaging in Barberton se datum is bevestig as Saterdag 8 Mei.
\nDit sal die 25ste aflewering wees van die resies, wat gewoonlik in Januarie aangebied word.
\nWeens inperkingsregulasies moes dit egter uitgestel word. Die nuwe datum akkomodeer ook die bergfietsryers wat aan ander wedrenne deelneem, soos die Sani2C.
\nDie organiseerders, die Rotari\u00ebrklub van Barberton, s\u00ea hulle hoop vir sowat \u2018n 1 000 inskrywings, wat relatief in lyn is met wat hulle jaarliks lok.
\nDie klub se Chris Rippon s\u00ea dat alle wins wat die bergfietsuitdaging genereer, aan welsynsprojekte spandeer word.
\nDaarmee ondersteun hulle deur die jaar verskeie projekte, meestal rondom Barberton. Dit sluit in \u2018n kerk wat tussen 45 en 50 bejaarde mense – wat nie meer na hulself kan omsien nie – weekliks van kos voorsien.
\nAnder projekte is die verkragtingkrisissentrum by die polisiestasie, asook verskeie projekte was skole en die jeug ondersteun.
\n\u201cDit is tans \u2018n bietjie van \u2018n krisis,\u201d s\u00ea Rippon oor hul jaarlikse fondse wat nou eers in Mei met die wedren aangevul kan word.
\n