{"id":10003,"date":"2021-01-19T11:35:53","date_gmt":"2021-01-19T09:35:53","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10003"},"modified":"2021-01-20T13:17:21","modified_gmt":"2021-01-20T11:17:21","slug":"covid-eis-merkwaardige-hazyview-dokter","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-eis-merkwaardige-hazyview-dokter\/","title":{"rendered":"Covid eis merkwaardige Hazyview-dokter"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>\ufeff<\/span>\ufeff<\/span>Dr. Robbie Nel, \u2018n bekende huisdokter van Hazyview en Sabie, is laat gistermiddag op 77-jarige ouderdom in die hospitaal oorlede nadat hy Covid-19 opgedoen het.
\nHy sou op 29 Januarie 78 jaar oud geword het.
\nHy is deur familie, vriende en pasi\u00ebnte beskryf as \u2018n legende en iemand wat buitengewoon baie vir ander omgegee het en \u2018n groot leemte in die gemeenskap laat.
\n\"\"
\nVolgens sy skoonsuster, Sonja Oosthuizen, het Nel die oggend na Kersfees saam met sy seun gaan draf. Sy hartklop het die hoogte in geskiet, en toe stap hy terug huis toe en gaan vir \u2018n Covid-toets.
\n\u201cDit is wat vir ons amper die ergste is: hy het geweet wat besig was om te gebeur.\u201d
\nHy het homself meer as \u2018n week by die huis self gedokter, voor hy op 5 Januarie in die hospitaal opgeneem is. Daar was hy in \u2018n gewone saal, tot vyf dae voor sy dood, toe hy aan \u2018n ventilator gekoppel is.
\n\u201cHy was ongelooflik onselfsugtig met \u2018n \u2018wicked\u2019 sin vir humor,\u201d beskryf sy haar geliefde swaer.
\nNel se skoondogter, Cheri Nel, skryf dat hy op sy ouderdom steeds \u2018n voltydse dokter, boer, \u00e9n vlie\u00ebnier was.
\nHy het ook elke dag fietsgery of gehardloop en het 13 Comrades-medaljes op sy kerfstok gehad.
\nSy jarelange vriend, Dawie Wille, s\u00ea sy vriende was besonders belangrik vir hom.
\n