Hoe Word Ek 'n Lid?
Ondersteun Radio Laeveld deur 'n maandelikse debietorder van
R50.00 (of meer?) te maak en natuurlik dan ook gereeld Radio Laeveld
100.5fm te luister om te hoor hoe jy meer
voordeel as lid van die 1000 Wennersklub, trek!
Gaan loer
gerus wat reeds in ons "Skatkis" uitgestal word deur
hier te
kliek.
Registreer as lid van die 1000 Wennersklub, deur hier te kliek
(Registrasie
op die Radio Laeveldforum)
of kontak Radio Laeveld by telefoon
+27(0)13 741 2213 vir meer inligting.
Hoe Trek Ek Voordeel?
Elke kwartaal ontvang jy ons nuusblad, "100.5% Leesgenot" vol
met interesante brokkies inligting, verjaarsdae, nuus oor
programme, speletjies en pryse, en agter-die-skerms nuus!
Wen 'n verskeidenheid pryse uit
die "Skatkis". Pryse sluit in geskenkbewyse, kaartjies vir
vertonings, koffie met jou gunsteling aanbieder, spandeer tyd in
die ateljee tydens jou gunsteling program, aandenkings deur bekendes
geteken, geskenkpakke ens. Hierdie pryse kan slegs deur lede van
die 1000 Wennersklub gewen word.
Met jou verjaarsdag of viering van 'n spesiale dag, soos
byvoorbeeld 'n huweliksherdenking, maak ons dit spesiaal deur
gelukwense op Radio Laeveld.
Jy kan eksklusiewe Radio Laeveld aandenkings en kleredrag soos byvoorbeeld t-hemde,
hoedjies, plakkate en plakkers en nog vele meer uit die "Skatkis" koop.
Luister gereeld Radio Laeveld vir wanneer aanbieders
aankondigings maak oor waaraan en wanneer klublede kan deelneem.
Neem deel aan in-bel-programme aangesien die aanbieders jou
ook kan beloon vir kwaliteit deelname met pryse.
Besoek gerus ons deelnemende adverteerders en wen deur by die adverteerder 'n vraag te beantwoord of 'n item te
vind as deel van ons "skattejag".
Wat Gebeur Met My Persoonlike Besonderhede?
Geen lede besonderhede word aan derdepartye gelewer nie en
Radio Laeveld gebruik ook nie die besonderhede vir enige "spam",
bemarking of advertensie doeleindes nie.
Waar Sien Ek Watter Skatte Ek Kan Wen?
Besoek gerus die Radio Laeveld Kantoor vir 'n lys van skatte
beskikbaar, of gaan na die "Skatkis"-bladsy op die webwerf
hier
te kliek.
Hoe Registreer Ek?
Volg die onderstaande skakel na die 1000 Wennersklub Forum en registreer of besoek die Radio Laeveld Kantoor (Faurie Straat
64, Sonpark, Nelspruit, Mpumalanga) om die
registrasie vorm in te vul. Ons kan ook die vorm aan jou faks of
e-pos.
Die 1000 Wennersklub Forum(Registrasie)
Indien jy nog onseker is, kontak
nadine@radiolaeveld.co.za of skakel haar by +27(0)13 741
2213.
Maak gerus jou maandelikse bydrae by :
- Bank
: STANDARD BANK CROSSING
-
: NELSPRUIT
- Rekening Nommer : 030353629
- Rekening Naam
: Radio Laeveld
(Vir elektroniese betalings is
die takkode vir Standard Bank nie meer nodig nie).
Sou jy verkies dat ons 'n
debiedorder op jou rekening aanvra wat elke maand op 'n
spesifieke datum afgetrek word, kies asseblief die
DEBIETORDER
skakel en laai die vorm af.
Vul dan asseblief die vorm in en faks dit terug aan ons by
086-524-4183 of 013-7412218. Jy kan enige tyd die debietorder stop sou jy nie
meer 'n bydrae wil maak nie.
|