Werkersdag-suksesse vir Operasie Vala Umgodi in Laeveld
Written by Mireille on May 2, 2025
Die Mpumalanga polisie het as deel van Operasie Vala Umgodi die afgelope dae verskeie arrestasies gemaak.
Nege buitelandse burgers is gister tydens stop-en-deursoek-aksies op die R38 in Barberton aangekeer weens die oortreding van die Wet op Immigrasie.
Hulle sal na verwagting vandag in Barberton in die hof verskyn.
Twee verdagtes is ook aangekeer tydens ‘n ontwrigtende operasie op die R527 tussen Sabie en Witrivier.
‘n Verdagte word ook aangekla van oortreding van die Wet op Vervalste Goedere weens onwettige sigarette wat in ‘n spaza-winkel in Sabie gekonfiskeer is.
Nog elf ongedokumenteerde verdagtes is Woensdag in die Mbombela-sakekern gearresteer.
Hulle sal vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.