Waldo Greef – ‘Speechless’

Written by on January 16, 2017

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

#SplinterNuut op jou radio die week:

Waldo Greeff is ‘n sanger en liedjie skrywer uit Suid Afrika. Hy woon en werk tans as laerskool-onderwyser waar hy Engels in Qatar aanbied. Waldo het ‘n B.Mus Graad in 2009 by die Universiteit van Pretoria verkry waar hy in Musiek Komposisie, Musiek Tegnologie en Musiek Onderrig gespesialiseer het. Hy het ook onlangs sy Meesters Graad in Musiek voltooi.

Hy het in 2010 twee Huisgenoot-Tempo toekennings vir sy liedjie ‘Is Dit Jy’, wat hy saam met die Idols finalis Andriët Norman opgeneem het, ontvang. Daarna het hy verskeie liedjies vir van die grootste Suid Afrikaanse kunstenaars geskryf, insluitend die Grammy-wenners Soweto Gospel Koor. Sy liedjie ‘Ons Huis Is Hier’ is ook in die jongste weergawe van die FAK-Sangbundel gepubliseer. Die liedjie ‘Gee Gee Gee’ is deur die groep MWAH! opgeneem en in 2017 het die Nederlandse groep Storm3 die liedjie met ‘n video in Nederlands vrygestel. Waldo was ook die mede-skrywer van ‘Die Liefde Lê By My’ met Niel Schoombie en deur Kurt Darren opgeneem. In 2013 het die Nederlandse pop kunstenaar Vinzzent ‘n weergawe met ‘n musiekvideo daarvan opgeneem en bekendgestel.

As sanger het Waldo verskeie liedjies op gemeenskaps radio speellyste gekry met ‘Hoor Jy My Hart Huil?’ wat nr.1 op Oos-Rand-Stereo se Top 20 was. Sy liedjie ‘Breath’ het altesaam 16 weke op treffersparades spandeer en op tot op nr.2 geskuif. Waldo was ‘n gereelde gas op verskeie televisie programme en het op YoTv se ontbytprogram en Vibe Junxion opgetree.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?