Geldwa word op R538 aangeval

Written by on April 16, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval op ‘n kontant-in-transito geldwa wat Saterdagmiddag tussen Witrivier en Sabie plaasgevind het nie. ‘n Groep verdagtes – in ‘n wit enkelkajuit Toyota Hilux en ‘n wit Golf – het ongeveer 13;00 ‘n G4S geldwa op die R538 agtervolg. Die geldwa se bande is papgeskiet en die voertuig tot stilstand gedwing. Die bestuurder en sy span is ontwapen. Die kluis is egter nie geopen of met plofstof oopgeskiet nie, en die verdagtes het slegs met die vuurwapen gevlug.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Current track
TITLE
ARTIST

Background