Vyf verdagtes vas vir Komatipoort-moord
Written by RL Admin on June 26, 2018
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 36 jaar, is verlede week in, en om Tonga vasgetrek vir die moord op ‘n Komatipoort-man. Die groep mans het reeds voor die hof verskyn, en sal Vrydag hulle tweede hofverskyning maak. Hulle word aangekla van die moord op Deon du Bruyn, en poging tot moord op die plaaseienaar, Estelle Jansen. Jansen is drie keer geskiet maar het oorleef. Du Bruyn was vasgebind toe hy koelbloedig doodgeskiet is.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.