Vrou na bewering in Nelspruit vermoor
Written by RL Admin on July 9, 2018
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
‘n 85-jarige vrou is dood in haar huisie by Macadamia Frail Care Centre, in Nelspruit aangetref. Die vrou, Hetta Potgieter, is glo in haar bad aangetref met ‘n serp om die nek. Haar hande was na bewering agter haar rug vasgebind. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Erhard Stroh, het gesê dat hulle ‘n saak van moord en huis-inbraak ondersoek. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bevestig.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as Nelspruit