Vier vermeende kontant-in-transito rowers vas

Written by on June 6, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Goeie samewerking tussen die polisie en lede van Farm Watch het gelei tot die inhegtenisname van vier verdagtes. ‘n Kontant-in-transito rooftog het gisteraand buite Tzaneen plaasgevind, waartydens ‘n G4S geldwa deur ongeveer tien verdagtes in twee voertuie, van die pad gedwing is. Die geldwa se bande is glo papgeskiet. Die sekerheidswagte is met wapens aangehou, en die kluis met plofstof oopgeskiet. ‘n Onbekende bedrag geld is gesteel. Die polisie was vinnig op die toneel en kon daarin slaag om die een voertuig naby Hoedspruit op te spoor. ‘n Skiet geveg het gevolg waarna drie verdagtes in hegtenis geneem is.

Die ander voertuig is naby die Strydom-tonnel opgespoor, en daar het ook ‘n skietgeveg plaasgevind. Die verdagtes het te voet verder gevlug, maar die polisie kon daarin slaag om een man in hegtenis te neem. Verskeie wapens en ammunisie, koeëlvaste baadjies, polisie blou ligte,en twee van die geldsakke is op die toneel gevind.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?