Vermisde bejaarde stap dalk Laeveld toe

Written by on April 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Reuse soektog is van stapel gestuur om ‘n vermisde bejaarde man, John Smith, op te spoor. Smith is sedert gister vermis vanuit Kempton Park. Hy het glo in die oggend gaan stap, maar nooit na sy huis in Croydon, teruggekeer nie. Daar word vermoed dat hy moontlik op pad na Nelspruit kan wees aangesien hy glo gereeld van plekke soos die Kruger Nasionale Park, gepraat het. Smith is glo ook opgemerk op die N12 in die rigting van die Laeveld. Smith ly aan Alzheimers. Hy het groen oë en grys hare, is ongeveer 1.65 meter lank en weeg ongeveer 85 kilogram. Hy dra glo ‘n blou denimbroek, blou hemp, rooi en swart sportskoene, en ‘n groenerige baadjie. Persone met enige inligting kan Gaenor Smith by 082 905 6445, of die SAPD by 10111 skakel.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track
Title
Artist

Background