Vermeende renosterstropers in Limpopo in hegtenis

Written by on May 25, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Drie vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem en meer as tweehonderd duisend rand in kontant en verskeie dele van renosterkarkasse is naby Phalaborwa gekonfiskeer, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Limpopo gesê.

In ‘n gesamentlike poging deur die polisie om misdaad in die provinsie te beveg, het misdaadbestrydingstrategieë, insluitend padblokkades en stop-en-soek-bedrywighede, steeds positiewe en betekenisvolle resultate opgelewer, het luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe gesê. Die drie verdagtes is tusen Hoedspruit en Phalaborwa by ‘n padblokkade langs die R40 tydens ‘n provinsiale gesamentlike operasie – Uya Pamwe – as deel van Operasie Fiela II, gearresteer. Toe die voertuig deursoek is, is die kontant en ‘n oor, ‘n neus en ‘n stert van ‘n witrenoster, in die verdagtes se besit gevind.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background