Vermeende onwettige myners voor hof

Written by on July 10, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee van drie beweerde onwettige mynwerkers verskyn vandag voor die Barberton streekshof. Dit volg nadat ‘n operasie van stapel gestuur is om die gewapende onwettige mynwerkers – om die Leliemyn in Low’s Creek naby Barberton – te soek. Die polisie is Saterdag deur myn-veiligheidswagte ontbied wat ‘n man in hegtenis geneem het. Hy was na bewering in besit van ‘n hoë kalibergeweer. Terwyl die polisie op pad was na die toneel, het ‘n groep gewapende mans hulle ingewag en ‘n skietgeveg het uitgebreek. In die proses is een verdagte doodgeskiet en ‘n ander verdagte beseer. ‘n Verdere twee verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op vier vuurwapens beslag gelê.

Die beseerde verdagte word onder polisiebewaking by ‘n plaaslike hospitaal behandel en sal voor die hof verskyn sodra hy ontslaan is. Al drie verdagtes word aangekla van die onwettige besit van vuurwapens, poging tot moord en besit van dagga.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?