Vermeende geldwa-rower doodgeskiet

Written by on April 26, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Vermeende kontant-in-transito rower is laat gisteroggend glo deur sekuriteitsbeamptes in Burgersfort doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Leonard Hlathi het gese dat vier mans het ‘n geldwa se wagte by ‘n kompleks in die dorp aangeval. Die mans was met outomatiese gewere gewapen. Die groep verdagtes het in ‘n Amarok-bakkie gevlug toe lede van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy hulle probeer voorkeer het. ‘n Jaagtog deur die dorp het gevolg. Die verdagtes het beheer oor die Amarok verloor en glo in ‘n heining van ‘n skool gebots. Een verdagte is na bewering deur die sekuriteitsbeamptes doodgeskiet, waarna die ander te voet gevlug het.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?