Verdagtes probeer jagwapen in KNP smokkel

Written by on June 1, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee mans het voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger Nasionale Park deur die Malalane-hek probeer verkry het. Die polisie het na bewering ‘n wenk ontvang dat ‘n verdagte wit Volkswagen Polo, met twee insittendes, op pad na die hek is. Die Polo is gestop en deursoek; waarna ‘n jaggeweer met ‘n demper, en ammunisie in die voertuig ontdek is.

In ‘n aparte voorval, het die polisie ‘n wenk oor ‘n derde verdagte by dieselfde hek, opgevolg Dit het gelei tot die inhegtenisname van die man slegs ‘n paar minute ná die eerste inhegtenisneming van twee verdagtes. Die derde verdagte se voertuig is ook deursoek waarna ‘n swart plastieksak vol ammunisie gevind is. Die polisie het op die ammunisie beslag gelê en die man in hegtenis geneem. Al drie verdagtes het vyfhonderd rand borgtog gekry en sal weer op 25 Junie voor die hof verskyn, in afwagting van verdere ondersoek.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background