Twee vas vir onwettige wapens

Written by on November 27, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee mans is in afsonderlike voorvalle in Calcutta en Lydenburg in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieërde vuurwapens, sowel as ammunisie en onwettige items.

Simeon Elvis Mhlongo, die 53-jarige man, het reeds voor die Mkhuhlu-streekshof verskyn vir die besit van ‘n ongelisensieërde jaggeweer. Mhlongo se verskyning het gekom nadat die lede van die Taktiese Reaksie Span (TRT) inligting oor ‘n man in besit van ‘n vuurwapen by Madras Trust naby Hazyview, opgevolg het. Met hul aankoms het die lede ‘n soektog gedoen en ‘n .22-geweer met ammunisie is ontdek en op beslag gelê. Mhlongo is borgtog van R1 000 toegestaan en moet op 10 Januarie 2019 voor dieselfde hof verskyn.

In die Lydenburg-voorval het die verdagte se arrestasie gekom nadat die polisie inligting ontvang het oor ‘n persoon wat op Sondag 18 November 2018 by Spitskop Farm dood is. Toe hulle by die plaas aankom, het hulle die slagoffer met ‘n oop wond op die kop gekry.  ‘n Ondersoek het gelei tot die ontdekking van ‘n .22-geweer, baie ammunisie van verskillende kalibers, en ‘n herlaaipers vir pistool-ammunisie. As gevolg van hierdie ontdekking is die 39-jarige Alexander Franke in hegtenis geneem. Verdere ondersoek deur die honde-eenhede van Lydenburg en Witrivier by die verdagte se huis het gelei tot die ontdekking van ammunisie vir gewere en pistole, nuwe leë patrone, Crystal Meth, ‘n bottel met kwik en ‘n onbekende chemikalië wat na die forensiese laboratorium gestuur is vir toetsing.

Franke het reeds voor die Lydenburgse streekshof verskyn. Hy het aanklagte van onwettige besit van vuurwapens, ammunisie, dwelms, onwettige vervaardiging van ammunisie, plofstof en dwelms in die gesig gestaar.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background