Twee mense grusaam verbrand

Written by on May 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee inwoners van Tonga het in twee afsonderlike voorvalle grusaam doodgebrand as gevolg van gemeenskapsregtigheid. Een van die slagoffers, Elvis Nkuku, het sy voormalige vriendin, Anna Vilakazi, se huis na bewering aan die brand gesteek. Dit is later ontdek dat die deurhandvatsel vasgebind was sodat Vilakazi nie uit die huis kon vlug nie. Vilakazi is onherkenbaar verbrand. Nkuku het na Magudu gevlug, maar gemeenskapslede het hom opgespoor en aangerand. Hulle het hom daarna na sy huis geneem en hom en sy huis aan die brand gesteek. Die Tonga-polisie is in kennis gestel en die forensiese patologie-eenheid het die liggaam verwyder. ‘n Moordsaak is by die stasie geopen, maar geen verdagtes is tot dusver gearresteer nie. Ondersoeke is aan die gang.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Current track
TITLE
ARTIST

Background