Twee dood na ongeluk in KNP

Written by on October 8, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom ‘n voertuig-ongeluk waartydens twee mense by die Kruger Nasionale Park verlede week, dood is. Volgens SANParke is die twee dood nadat hulle betrokke was by ‘n ongeluk tussen die Olifants- en Letaba-kampe.
SANParke het gesê die twee mense was dagbesoekers. Aanvanklike verslae dui daarop dat daar geen ander voertuig by die ongeluk betrokke was nie, het die woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, gesê. Hy het bygevoeg dat veldwagters en noodpersoneel na die toneel gehaas het, maar ongelukkig kon niks gedoen word om die lewens van die besoekers te red nie. Volgens ooggetuies het die motor van die pad af gedraai en omgeslaan; die twee insittendes is uit die motor geslinger en is op die toneel dood verklaar.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background