100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twaalfjarige onder onwettige mynwerkers wat in Pelgrimsrus aangekeer is

Written by on May 5, 2025

Vermeende onwettige mynwerkers sal vandag in die hof in Pelgrimsrus verskyn.

Veertien verdagtes is Saterdag as deel van Operasie Vala Umgodi by die Dukes ou mynskag aangekeer.

Onder hulle tel vier minderjariges van tussen 12 en 16 jaar oud.

Volgens die Mpumalanga polisie is die 12-jarige seun na ‘n plek van veiligheid geneem.

Drie van die verdagtes word ook aangekla weens die besit van onwettige mynboutoerusting en een van die addisionele besit van springstof en dagga.

Daar is op verskeie items wat vir onwettige mynbou gebruik word beslag gelê, insluitend kragopwekkers, grawe en springstof.