Transito-rower doodgeskiet

Written by on April 3, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Nog geen arrestasies is gemaak in verband met die kontant-in-transito rooftog wat kort na 05:00 vanoggend, buite Nelspruit plaasgevind het. Een verdagte, wat ‘n polisie koeëlvaste baadjie gedra het, is op die toneel doodgeskiet. ‘n Tweede verdagte is in die bene gewond en word in die Nelspruit Mediclinic behandel. ‘n Verbygaande motoris is tydens die insident raakgeskiet waarna hy homself na Kiaat Privaat-hospitaal bestuur het vir behandeling. Volgens Mpumalanga polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, is plofstof gebruik om die SBV geldwa oop te skiet. ‘n Mercedes Benz het glo in die geldwa gebots en sodoende die wa tot stilstand gedwing. ‘n Verlate polisievoertuig, glo van Komatipoort af, is op die toneel gevind.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background