Toeriste weier om terug te keer

Written by on April 3, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Groep toeriste van Australië af, het gedreig dat hulle nooit weer na die Kruger Nasionale Park sal terugkeer nie. Dit volg die geweldadige betogings wat op die R536 en R538 plaasgevind het verlede week. Die Numbi-, Paul Kruger- en Phabeni-hekke was geblokkeer as gevolg van protesaksies op die paaie. Toeriste in die park moes alternatiewe roetes gebruik om uit te kom. Baie van die gaste was glo in ‘n toestand van skok. Die groep van Australië af het hul besoek gekanselleer en moes terugbetaal word vir hulle besprekings. Hulle het nog dieselfde dag vanaf die Laeveld na Kaapstad gevlieg.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?