Vrae bly oor R278 miljoen vir ontbinde eenheid in premier se kantoor

Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]

VF Plus vra vir strenger optrede teen stropers

Die VF Plus in Mpumalanga vra dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om die praktyk hok te slaan. Dít na die inhegtenisname op 21 Julie van AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) wat met 19 horings met ‘n beraamde waarde van sowat R2,6 miljoen in hul besit betrap is. Hulle […]