O.15-Pumaspan vanjaar kookwater

Die o.15 Pumas-rugbyspan het sover die seisoen geen wedstryde verloor nie en is tans bo-aan die punteleer voor hulle Saterdag Oosterland in die halfeindronde aandurf. AJ Sutherland, die kaptein. kuier saam met pa Nico by Sonop Ontbyt. Luister weer:
Hier kom die Pumas vir die Curriebeker

Die Airlink Pumas begin oor ‘n raps meer as drie weke hul deelname aan die premierafdeling van die Curriebeker. Die SA Beker-titelhouers se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:
Pumas lek lippe af vir Toyota Challenge
Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af. Dié internasionale rugbytoernooi bied die Pumas, Griekwas en gasheer Cheetahs waardevolle blootstelling teen internasionale spanne. Tydens die eerste been word alle wedstryde in Bloemfontein gespeel, en in Oktober reis die spanne na Georgië. Die Suid-Afrikaanse spanne se teenstanders is die Black Lions van Georgië, Portugal (ook […]
Danie Rossouw-uitsoekspan op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton gesels met die Middag Game Drive. Luister:
Pumas bespreek SA Beker-eindstryd teen Griekwas

Die Griekwas en die Pumas sal mekaar vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal ontmoet na beide spanne hul halfeindronde gewen het. Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Cheetahs met 42-36 geklop in ‘n opwindende kragmeting in Mbombela. Die eindstryd vind Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley plaas. Luister:
Pumas opgewonde voor tuis halfeindstryd

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley. Dié vier spanne het ook gekwalifiseer vir vanjaar se Curriebeker Premierafdeling. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Pumas op jag vir tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in ‘n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40. Die Cheetahs lê in derde plek met 30 punte met slegs een ronde oor. Die Pumas […]
Griekwas troef Pumas in SA Beker

Die Pumas het die naweek met 34-44 teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer met twee rondes oor. Die top vier spanne kwalifiseer om vanjaar in die Curriebeker te speel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, is egter opgewonde dat die Pumas die geleentheid gaan kry om hulself teen […]
Griekwas, Pumas vergroot gaping bo-aan punteleer voor kragmeting met mekaar

Die Pumas en Griekwas het die naweek in die SA Beker die punteverskil tussen hulle en hul teenstanders vergroot met klinkende oorwinnings in hul sesde ronde wedstryde. Die Pumas het die Luiperds Vrydagaand met 85-0 by Mbombela-stadion geklop en Saterdag het Griekwas hul sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle die Oostelike Provinsie met 52-9 verslaan […]
Pumas skuif op na tweede op SA Beker-punteleer na hulle Bulldogs looi

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met ‘n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion buite Oos-Londen Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg […]