Paaie, hekke, boskampe in Krugerwildtuin gesluit weens swaar reën

Die Krugerwildtuin vra besoekers om hul besoeke uit te stel na volgehoue swaar reën SANParke genoop het om boskampe, sekere toegangshekke en alle grondpaaie te sluit. Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê toegang tot Skukuza is van Onder Sabie en Krokodilbrug afgesny. Die Krokodilbrughek word gemonitor en sal slegs gesluit word as […]

Beskerm jou groentetuin te midde van baie reën

Elzabé de Bruyn het Saterdag gesels oor die baie reën en wat gedoen moet word om te keer dat dit nie chaos in jou groentetuin veroorsaak nie asook wat om nog te plant in die laat somer. Luister:

Groot reën op pad vanaf Saterdag

‘n Intense laedrukstelsel sal na verwagting oor suidelike Mosambiek ontwikkel en kan vanaf Saterdag wydverspreide reën en donderbuide na die Laeveld en platorand van Mpumalanga en Limpopo sowel as die noordooste van KwaZulu-Natal bring. Laeveld Brunch gesels met Amukulani Mkhari, ‘n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Luister:

Polisie waarsku teen toenemende vloed-verwante voorvalle

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gewaarsku om uiters versigtig te wees naby strome water terwyl aanhoudende reën watervlakke laat styg. Vloed-verwante voorvalle is aan die toeneem, met drie mense wat op 1 Januarie verdrink het. ‘n 19-jarige man is meegesleur toe hy te voet ‘n stroom probeer oorsteek het in Louisville. ‘n Vrou […]

Weerdiens sê nog reën is op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê nog reën en donderstorms word verwag oor die sentrale en oostelike van Suid-Afrika, insluitend Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, en dele van die Oos-Kaap en Noordwes. Die Weerdiens waarsku hewige donderstorms kan lei tot stortreën, hewige weerlig, klein haelkorrels en gelokaliseerde oorstromings. Die weste sal na verwagting meestal droog en […]