Beloning uitgeloof vir gesoekte vermeende moordenaar

Die polisie in Mpumalanga het ‘n beloning van R100,000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van een van die mees gesoekte vermeende moordenaars in die Calcutta-area.  Phumulani Ezekiel Matsane (foto) word gesoek i.v.m. die skietdood van twee mans by ‘n taverne in Marite op 15 Mei 2023. Die polisie waarsku […]