Liggaam herwin na vrou in Msholozi verdrink

Die liggaam van ‘n vrou wat gisteraand vermis geraak het, is in Msholozi naby Witrivier gevind. Die polisie sê sterk strome het Esther Amina Mathenjwa (44) meegesleur toe sy tydens swaar reën ‘n vol rivier wou oorsteek. Haar liggaam is sowat 5 km stroomaf gevind ná ‘n gesamentlike soektog deur die polisie en gemeenskapslede. Owerhede […]

Geregtelike doodsondersoek gedoen na tweejarige in Msholozi verdrink

Die Mpumalanga polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin na ‘n tweejarige seuntjie gister in Msholozi buite Witrivier verdrink het. Volgens die polisie sê Sibusiso Mnisi se ma dat hy in die huis geslaap het, maar haar toe, sonder dat sy dit besef het, agtergevolg het. Sy het ‘n stroom oorgesteek en toe hy probeer volg […]