mosambiek

Page: 4

Die Mosambiekse Ministerie van Gesondheid het gister aangekondig dat dit sy tegniese komitee en provinsiale noodsentrums geaktiveer het om gereed te wees vir die hantering van enige Ebola-gevalle wat in die land kan voorkom. Hierdie strategiese stap volg op die uitbreek van Ebola op 4 April in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Lidia Chongo, […]

Van die drie ton ivoor wat verlede maand by Maputo-hawe in beslag geneem is, is glo uit die provinsiale pakhuise van die Ministerie van Grond, Omgewing en Landelike Ontwikkeling en die Kriminele Ondersoekdiens, gesteel. Die pakhuise is beide in die stad Lichinga, Niassa. Die verslag wat die Nasionale Administrasie van Bewaringsgebiede opgestel het, dui daarop […]

Mosambiek se nasionale Koolwaterstofmaatskappy beplan om ‘n gasraffinadery in een van die provinsies – met die grootste potensiaal in hierdie hulpbron – te bou, ‘n projek wat die koopkrag van Mosambiekers sal verhoog. Die inligting is Saterdag in Maputo deur Omar Mithá, voorsitter van ENH se direksie, vrygestel. Hy het gesê die ekonomiese lewensvatbaarheid van […]

‘n Tweeverdieping-hoë ophangbrug met ‘n afstand van 680 meter wat oor Maputo Baai gaan hang, gaan glo ‘n nuwe landmerkprojek word. Dit gaan die stad se kruis-seeverkeer vergemaklik. Die projek, wat sewehonderd vyf en tagtig miljoen Amerikaanse dollars kos, met 95 persent van die befondsing uit China, word deur die China Road and Bridge Corporation […]

Inflasie in Mosambiek, soos gemeet aan die verbruikersprysindekse van die drie grootste stede (Maputo, Nampula en Beira), was slegs 0,43 persent in April, volgens die jongste syfers van die Nasionale Statistiekinstituut. Inflasie vir die eerste vier maande van die jaar was 2,17 persent, en inflasie oor die jaar (1 Mei 2017 tot 30 April 2018) […]

Zimbabwe en Mosambiek het kragte saamgespan om die Dry Port in Mutare uit te brei. Dit is om doeltreffende handel tussen die twee lande te vergemaklik deur middel van die hawe van Beira. Dit is deel van projekte wat voorgestel word onder die Gesamentlike Ekonomiese Ontwikkelingsforum, wat deur die provinsies Manicaland en Manica gestig is. […]

Ana Coanai, president van die Administrasie Raad van die Staatsdeelnemende Bestuursinstituut, het gister gesê 20 van die 107 openbare en staatsgenootskappe in Mosambiek is in finansiële krisis. ‘n Ondersoek van ses van hierdie maatskappye toon huidige laste van meer as 77,8 miljard meticais, met 27,2 miljard in korttermynskuld aan nasionale banke en totale laste van […]

Globale tegnologie-reuse, Dimension Data en Cisco, het gister aangekondig dat hulle hul behoeftesverbindingsprogram in Zambië, Kenia en Mosambiek, uitbrei om voort te gaan met die beskerming van renosters. Dit sluit ook die oorlog teen die skrikwekkende aantal Afrika-savanna-olifante wat gestroop word, in. Dié stap volg na die twee maatskappye sommige van die wêreld se mees […]

Volgens die bewaringsgroep Fauna and Flora International word gevrees dat die huidige oorlewende olifante in die Niassa Nasionale Reservaat in Mosambiek, heeltemal uitgewis kan word indien swaargewapende bendes stropers, nie gestuit word nie. NNR se uitvoerende hoof, Mark Rose, het gesê dat die waarde van Niassa – as een van die laaste groot wildernisse op […]

Mosambiek se Renamo-opposisieparty het Saterdag vir Ossufo Momade benoem as hulle tydelike leier ná die onverwagse dood van Afonso Dhlakama, wat 39 jaar lank in beheer was. Momade, ‘n voormalige sekretaris-generaal van die party, sal oorneem tot Renamo se volgende kongres, wat nog nie geskeduleer is nie. Dhlakama se dood het Donderdag die land se […]


Current track

Title

Artist

Background